RAMKAT RADIO

2023 WORLDCUP PREDICTION GAME

Ramkat Radio nooi luisteraars uit om deel te neem aan ons 2023 Wêreldbeker wedstryd telling voorspelling kompetisie. Daar sal 2 verskillende kompetisies gelyktydig gespeel word, met pryse elke week asook ‘n “Grand Prize” vir die oorhoofse wenner aan einde van die wêreldbeker.

Die 2 kompetisies werk as volg:

  1. WEEKLIKSE WENNER:
  2. In hierdie kompetisie wen EEN luisteraar elke week ’n prys vir die KORREKTE telling aan einde van wedstryd tussen SA en hul teenstander in die 4 POOL games. (Dit moet 100% korrek wees)
  3. Die kompetisie sal aanloop deur die hele Wêrelbeker kompetisie totdat SA uitval uit die Wêreldbeker kompetisie
  4. Indien daar geen wenner in die betrokke week is nie, sal die prys oorgedra word na die GRAND PRIZE kompetisie se prysgeld
  5. Die week se inskrywings begin elke Donderdag aand 21H00 en sluit die daaropvolgende week Donderdag middag om 12H00 wanneer die wenner aangekondig sal word tydens DJ Toy se Naweek Afskop program (19H00 – 21H00)
  6. Dan begin die kompetisie weer opnuut vir die komende week se wedstryde. (Geen laat/vroee inskrywings sal aanvaar word nie)
  7. PRYSGELD beloop ’n R100 SPUR/WIMPY voucher vir elke week 
  1. GRAND PRIZE:
  2. Hierdie kompetisie behels die voorspelling van die 2 SPANNE asook die WEN TELLING EN SPAN in die Wêreldbeker finaal wat plaasvind op Saterdag, 28 Oktober 2023 om 21H00 die aand.
  3. Dit werk byvoorbeeld as volg:

SA vs FRANCE, SA wen 21-17

  1. Die wenner word dan aangekondig die daaropvolgende Donderdag op Naweek Afskop en sal dus die “boerpot” prys wen van die kompetisie (Asook natuurlik die “bragging rights”)
  2. NB: Die “Grand Prize” kompetisie sluit op Donderdag, 19 Oktober 2023, voor die naweek se SEMI FINALE wedstryde
  3. Indien daar nie ’n KORREKTE wenner is vir die Grand Prize nie, sal Ramkat Radio die keuse maak van die NAASBESTE inskrywing en die persoon sal dan die prys wen.
  4. PRYSGELD beloop R400 SPUR/WIMPY voucher wat verder aangevul sal word deur die prysgeld wat tydens die weekslikse kompetisie sou oorstaan (MAKS R1000)
  5. SAMESTELLING van MAKS PRYS: 4x Pool games = R400, 1x Quarter Final = R100, 1x Semi Final = R100, 1x Final = R400 – Totaal = R1000 
  1. KOMPETISE REELS:
  2. Ramkat Radio se beslissings oor wenners sal as finaal beskou word in altwee kompetisies en geen appêl sal aanvaar word nie
  3. Slegs SMS inskrywings sal aanvaar word (geen whattsapp of voice notes nie)
  4. Luisteraars kan maksimum van 10 (TIEN) keer inskryf per wedstryd – Let wel: elke keer ’n nuwe SMS
  5. Tellings moet 100% korrek wees – slegs in FINAAL sal daar afgewentel word na die naasbeste telling (So iemand sal die GRAND PRIZE wen!!!)
  6. FORMAAT vir SMS inskrywings as volg:
  7. Persoon se naam en van,
  8. Kontak nommer,
  9. Woonplek,
  10. Wenspan se naam,
  11. Telling
  12. Byvoorbeeld:
  13. Koos Koekemoer,
  14. 061 234 5678,
  15. Kommagas,
  16. Bokke 20 – Frans 3
  1. SUID AFRIKA (behalwe vir FINAL – dan moet daar 2 spanne se naam verskyn, bv. Suid Afrika vs Frankryk)
  2. 38 – 12 (SA 38 – France 12)
  3. Die selnommer vir kompetisie inskrywings SMS’e as volg: 060 841 8631
  4. Die kompetisie is slegs van toepassing op SA se wedstryde, tensy SA sou uitval (wat sekerlik nie gaan gebeur nie – die CUP kom trug huistoe!!)
  5. Sou SA uitval uit die Wêrelbeker – bv in die Quarter Finals – sal die kompetisie wel voorgaan tot in die Final met die oorblywende spanne in kompetisie